Moets en moenies in HSD
- koebergerkoerant
- Jan 17, 2019
- 1 min read
Jana Laker
Graad agts, welkom by Hoërskool Durbanville! Die eerste kwartaal is altyd propvol aanpassings – KO-ED is om die draai, daar word elke dag sing-songs geoefen en krete maak jou mal. Boonop preek elke liewe onderwyser 24/7 oor hoe hard jy hierdie jaar gaan moet werk. (Darem is dit nóg nie die belangrikste jaar van jou lewe nie...)
MAAR...
Moenie bekommerd wees nie. Jy is darem nie in die leeukuil gegooi nie!
Indien jy nie heeltemal seker is hoe jy kop bo water gaan hou nie, is hier ‘n paar wenke oor hoe om in Hoërskool Durbanville te oorleef:
➢ Stap altyd aan die linkerkant van die smal “clausterfobiese“ gange indien jy die vertrapping deur ‘n trop buffels wil vermy.
➢ Moenie te veel druk op jouself plaas nie. Lag uitspattig, slaap genoeg en geniet elke oomblik van jou hoërskoolloopbaan.
➢ Groepsdruk bestaan steeds in hoërskool. Wees sterk, jy hoef niemand te beïndruk deur die “verkeerde” ding tedoen nie.
➢ Sosialisering vier hoogty in Hoërskool Durbanville. ‘n Meisie of kêrel is egter géén verpligting nie. Fokus op jouself en dit wat jou gelukkig maak.
➢ Raak betrokke by aktiwiteite wat Hoërskool Durbanville aanbied. Van netbal tot die blaasorkes, dis ‘n goeiemanier om nuwe vriende te maak.
➢ Hou kontak met jou vriende in ander skole en hoor hoe hulle aanpas. Dit help om te weet daar is iemand wat verstaan waardeur jy gaan.
Die sprong van laerskool na hoërskool kan baie oorweldigend wees. Bly kalm en pak elke uitdaging by die horings!
Comentarios