top of page

O/14 A-netbalspan speel Boksburg aan die brand

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

-Nellie Slabbert en Louwrens Wessels


Ons O/14A-netbalspan het vanaf 19 – 21 Julie aan die SA Topskole netbaltoernooi in Boksburg, Pretoria deelgeneem. Die nege dogters wat hierdie span uitmaak is: Amonè Wessels, Isabella Steyn, Emma Badenhorst, Zoë Esterhuyse, Rebecca Engelbrecht, Heleen Holtzhausen, Lienka Serfontein, Gizela Willemse en Minette Erasmus. Hul twee afrigters is Mnr. Ashraf Assie Majiet en Mev. Minette Roux.


Hul uitslae oor die drie dae is as volg:


Dag 1:

· Windhoek 19-8 wen

· Gelofte 36-3 wen

· Kgapamadi 32-6 wen

· Dispatch 25-5 wen


Dag 2:

· Helpmekaar 14-15 verloor

· Pietersburg 18-13 wen


Dag 3:

· Noordheuwel 19-20 verloor

· Goudheuwel 26-3 wen


Die span was slegs tydens twee wedstryde aan die verkeerde kant van die telbord en albei kere met net 1 doel. Hierdie O/14 A-span het aan die einde van die toernooi ʼn 11de plek behaal en kan ons dus met trots sê dat ons die 11de beste O/14 –span in die land het!

Baie geluk ook aan Amonè Wessels wat aangewys is as die Twizza Moment Maker of the Tournament.


Paar vragies met die kaptein en onderkaptein:

1) Wie is jou rolmodel?

2) Gunsteling quote?

3) Matriek crush?

4) Is daar iets spesifieks wat jy voor ‘n wedstryd doen?


Lienka Serfontein:

1. Nicola Smith

2. Every flower must grow through dirt.

3. Quinton Weber

4. Ek moet ‘n 80’s rock song luister wat my motiveer.


Amone Wessels:

1. Caitlin Basset

2. Faith can move mountains.

3. Xander van der Westhuizen

4. Doele oefen. Ek speel nooit ‘n game voordat ek nie ten minste 30 minute voor die tyd

geoefen het nie.

Comentarios


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page