top of page

Ses noodsaaklikhede vir jou sportsak

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

Deur Stef Boshoff


3…2…1… die rugbybal vlieg deur die lug. Jy kyk om jou rond opsoek na jou mede spanmaats wat die bal gaan red van die ander span, maar dis jou beurt. Jy hart bons in jou borskas en soos sweet oor jou bloedrooi wange stroom besef jy jy het ’n fout gemaak. Want om sukses in ‘n sport te behaal moet jy goed voorbereid wees.


Sport tap jou energie en dus moet jy altyd ‘n energiedrankie of ‘n -stafie in jou tas hê.

Jou sporttoerusting is ook ‘n moet, want dit gaan moontlik ’n moeisame stryd wees om sonder ’n hokkiestok die hokkieballe te beheer…


Pak ook maar vir jou ‘n stukkie "strapping" in. Jy weet nooit wat kan gebeur nie. En glo my tape maak alles reg – al is dit moontlik net ’n illusie.


Skaf vir jou ‘n oulike mondskermpie aan as jy ‘n gevaarlike sport speel, want om sonder tande te leef gaan nie lekker wees nie – en enige belangstelling van ENIGE meisie se kant af gaan beslis soos mis voor die son verdwyn.


Jy kan nie fisies 'n goeie houding in pak nie, maar dit is ‘n noodsaaklikheid vir sukses.

Laastens moet jy nie jou "lucky ducky" vergeet nie. Jou gelukbringer sal jou deur die swaar tye dra en jou gelukkig hou en wie wil nou nie gelukkig wees nie?

Recent Posts

See All

Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page