top of page

*Skouspel 2019*

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

Mia Fourie


“Waar is my eyeliner?”


“Selfieeeeeee!”


“Help my gou om hierdie flippen corset af te kry- EK MOET OOR 5 MINUTE ON STAGE WEES!!!”


Maar hiervan is die gehoor gelukkig salig onbewus terwyl daar n ballet item met sagte klavier musiek op die verhoog afspeel...


Skouspel is ons skool se “yolo, liefie, hierdie is vir die lekker daarvan” talentaand. Elke jaar kom kinders van alle grade en agtergronde saam om die produksie op die planke te bring. Van “Queen medleys” tot dansitems en seuns wat nie weet hoe makeup werk nie... Dis vet pret van begin tot einde.


Skouspel 2019 was egter moontlik die laaste skouspel wat Durbieland ooit sal sien... En NEE, die verhoog gaan nie kaal staan nie! Daar word beoog om volgende jaar (uiteindelik) ‘n Durbie musical op die bene te bring!!! Oudisies sal gehou word… kostuums sal gehuur word en DIÉ een wil julle verseker nie misloop nie...


Tot volgende keer: “Don’t stop us now- cause we’re having a good time- having a good time...”



Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page