top of page

Moeg?

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

Deur Jessica Palmer


Dagdroom jy gereeld in jou skeinat klas? Of sluk jy jou ewe verveelde en moeg-bedekte klasmaat in? As jy sukkel om by te hou met jou aktiwiteite tydens skoolure en na skool, het Die Koeberger ‘n paar wenke vir jou om genoeg slaap in te kry.


1. Drink water direk nadat jy opgestaan het. Dit skakel jou metabolisme aan na ’n nag se rus (of dalk nie rus nie…) en laat jou bloed vinniger vloei.


2. Moenie enige elektroniese toestelle gebruik voordat jy gaan slaap nie – dit straal ’n blou lig uit wat jou liggaam se vermoë om te slaap inhibeer. Indien jy deel is van die iPhone generasie, sit jou foon so 6nm op “night vision” –sodoende straal jou foon ’n oranje lig uit wat nie so baie met jou slaappatrone sal inmeng nie.


3. Vermy koffie in die aand as jy graag wil slaap. Sap of water is net so lekker (en gesonder!). jy kan egter maar die koffie en bioplus hou vir die oggend…


4. Dit is al bewys dat stysel jou suikervlakke laat styg en jou liggaam dus harder moet werk om daarvan ontslae te raak. Eet eerder groente en vrugte wat minder stysel bevat. Op die manier spaar jy energie wat jy kan aanwend om op te let ijn die klas.


5. Maak seker jy kry genoeg vitamiene D in. Dit verhoog die kapasiteit van hoe lank jy wakker kan bly.


Ons almal weet die kwartaal kan lank raak, maar moenie dat dit jou onderkry nie! Trek jou nagklere uit en neem deel aan HSD se pret met ‘n wakker brein!



Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page