A trip down memory lane
- koebergerkoerant
- Oct 21, 2018
- 4 min read
Louwrens Wessels
Met die matrieks wat amper ‘n mylpaal bereik het, het ons het besluit om vir ‘n paar matrieks te vra oor hul hoërskoolloopbaan.
VRAE:
1) Wat is jou gunsteling herinneringe van HSD?
2) Lekkerste vak?
3) Vreemdste gebeurtenis of ervaring in die skool?
4) Wat gaan jy na skool studeer en waar?
5) Gunsteling onderwyser?
6) Hoogtepunt van die skool?
7) Stoutste ding wat jy al gedoen het in die 5 jaar in HSD?
8) Som HSD in een woord op?
9) Gunsteling aktiwiteit by HSD?
10) Sal jy skool mis of sien jy uit vir die wêreld daar buite?
11) Enige goeie wenke van die matriekeksamen?
12) Enige ander “life saving”wenke om skool te oorleef?
Hier is hul antwoorde:
DANELLE:
1) Definitief wanneer almal juaaaaan in die saal skree.
2) Skeinat, want ek sit langs Ebenice en ons verstaan niks en lag net daaroor.
3) Toe Juffrou Laubscher op haar tafel staan en ‘n liedjie sing in die Rek klas.
4) BRek by Stellenbosch
5) Juf Van Eyssen, want ons hele klas deel ‘n liefde vir Friends kyk.
6) Die hele matriekjaar was onbeskryflik, maar die matriekafskeid was ‘n hoogtepunt.
7) Roomys gaan eet in skooltyd in die klubhuis saam met Louwrens en J.W.
9) Om tussen periodes die vinnigste pad in die gange te probeer vind om betyds vir klas te
wees.
10) Ek sien uit vir die buite wêreld
11) Dit is makliker as die skool se vraestelle – so moenie te veel stres nie.
12) “Hou links”en lag vir elke joke wat onderwysers maak en knik jou kop gereeld. Wees vriende met snaakse mense wat jou heeltyd sal laat lag.
EBENICE:
2) Lekkerste vak is skeinat, want ek sit langs Danelle.
3) Toe juffrou Lambrechts sing en dans saam ‘n liedjie.
4) Ek gaan BRek swot.
5) Juffrou Basson
6) Highlite is definitief die vriende en herinneringe in HSD.
7) Ek’t gebank in gr8 teen my wil en danke aan Carissa en Louisa tydens voogperiode en oor
die veld geloop by die skool se hekkie uit na juffrou Claassen se huis toe.
8) Adventure
10) Altwee mis en uitsien.
11) Leeeeeeer. Maar ontspan.
12) Time management is crucial.
LOUIS:
1) Dit is nogal moeilik. Ek dink aan verskillende goed soos toe ek die eerste keer tot twee uur by die skool gebly het in gr.9 om te werk by Mnr en Mej Durbie. Of die eerste keer toe ek vir my meisie na ons skool toe kon bring (Want dis soveel cooler as hare). Alles verskillende ervarings.
2) Bio all the way (Thanks Dad)
3) Sommige dinge is net nie gemaak om gedeel te word nie.
4) Ek swot apparently volgende jaar Medies by Tygerberg kampus van Stellenbosch Universiteit.
5) Baie gevaarlike vraag.
6) Daar is eintlik baie goed wat ek kon sê, maar hoe meer ek daaroor dink, hoe meer is my highlight net hoe die hoërskool vir my direk en indirek gehelp het om te verstaan wie my regte vriende is. Dis ‘n baie weird antwoord, maar dit maak sin in my kop.
7) Ek was een keer 20 sekondes laat vir ‘n skeinat klas. Die adrenalien rush was so hectic.
8) Underdog
9) Radiostasie hands down. Too bad die skool se beste DJ matrikuleer vanjaar.
10) Gaan definitief hoërskool mis, maar ek sien baie uit na Universiteit.
11) Behaal net jou minimums. Jy kan maar ernstig werk om in die koerant te kom. Jou ma sal die ding laat frame en jou hele matriekvakansie sponsor.
12) Maak vriende; goed of sleg, hulle maak almal ‘n deel uit van ervaringe wat jou menswees as ‘n jongmens gaan vorm.
KOBUS:
1) My gunsteling herinneringe is die rugbywedstryde op Saterdae voor die hele skool.
2) My beste vak is Rekeningkunde.
3) Weirdste gebeurtenis is Hentie se rugby comeback.
4) Ek gaan BRek studeer by Stellenbosch.
5) Gunsteling onderwyser is Hennie Jordaan.
7) Stoutste ding wat ek gedoen het is om juf Van Wyk se klas te bunk.
8) Een woord: SUKSESVOL
9) Gunsteling aktiwiteite by HSD is rugby en krieket
10) Ek gaan definitief skool mis maar ek sien al baie lank uit na Universiteit en ek dink dit gaan die beste tyd van my lewe wees.
11) Wenke: maak seker jy leer hard en doen jou bes maar moenie te veel druk op jouself sit nie, wat moet gebeur sal gebeur.
12) Kies die regte vriende (quality over quantity) en moenie laat dit wat ander mense sê jou onderkry nie, moenie jouself daaraan steur nie.
GRETE:
1) Matriekafskeid
2) Geografie
3) Mnr Germishuys het een dag in saal die stoel mis gesit, en ek sit agter hom (orkes) op die verhoog. Die stoel het omgeval op my saam met die staander en my klarinet. Juf Adams het ook al vir ons gesing en gedans tydens Graadperiodes.
4) Arbeidsterapie. Ek besluit nog waar, op die stadium UWC
5) Juffrou van Aarde
6) Die eerste jaar wat ons KO-ED atletiek beker gewen het. Die netbal wat hierdie jaar interskole gewen het. Elke jaar se Mnr en Mej Durbie.
7) Ek is nie die stoutste leerder nie... Iemand in my register klas het wel eendag vir my die rooster verkeerd gesê en ek het per ongeluk Afrikaans gebunk. Ek het gaan voog (by die voog van keuse) en toe ek aan die einde van die periode op my rooster kyk waarnatoe volgende sien ek, ek moes eintlik nou in Afrikaans gewees het. My klas wou my natuurlik nie gaan haal nie want dit was snaaks dat ek bunk. Ek het vir juffrou van Heerden gaan verduidelik wat gebeur het. Sy het haar dood gelag. Dit was een van daai periodes wat sy gevra het sy wil belangrike notas uitdeel en verduidelik...
8) Anders
9) Orkes, Juffrou Theron se lame grappies is goed vir mens se siel.
10) Ek gaan die gebou en sy mense mis – die werk dalk nie so baie nie. Ek sien ook baie uit om
nuwe mense te ontmoet.
11) Begin betyds. Moenie alles vir die laaste dag los nie. Om die dag voor die tyd te begin, is
nou finaal iets van die verlede...
12) Wees jouself, glo in jouself. Sê nee as jy nie iets wil doen nie. Moenie laat ander mense se
opinies in die pad staan van jou geluk nie.
Comments