top of page

Boekverslae wenke

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 2 min read

Deur Stefani Terblanche


Van graad 8 af word daar vir jou gesê dat jy eendag in matriek boekverslae vir Afrikaans en Engels moet hê. Dit word egter nooit 'n realiteit totdat jy binne 'n week in totaal ongeveer agtien boekverslae uit jou duim moet suig nie. Om hierdie onnodige stres te voorkom, verskaf Die Koeberger graag 'n paar wenke.


Begin vroeg. Lees een boek in die vakansie, per vakansie van 200 woorde en meer. Teen die tyd wat jy jou boekverslae in matriek na die Junie-vakansie moet ingee, sal jy al agtien boeke gelees het. Maak ook net algemene notas terwyl jy lees: name van karakters, plekke, en storielyn sodat jy alles kan onthou vir daardie boekverslae. Of nog beter – handel die boekverslag sommer af direk nadat jy klaar is (en plaas dit op ’n spesiale plekkie op jou rekenaar) – jou matriek-self sal oneindig darkbaar wees!


Ongelukkig het meeste van ons skoliere nie reeds in graad 8 begin nie. 'n Wenk, wat jy natuurlik nie by die Koeberger gehoor het nie, is om vertaalde boeke te lees. Ja, dit is net as jy desperaat is. Lees byvoorbeeld "The Fault in Our Stars" vir Engels en sit op jou Afrikaanse boekverslag as "Die Fout by Ons Sterre". Die nadeel is dat die boeke nie altyd goed vertaal word nie (ek het byvoorbeeld die laasgenoemde vertaalde boek gelees... swak vertaal). Skrywers soos Francine Rivers se boeke word ook gereeld vertaal. Baie nie-fiksie boeke word ook van Engels af vertaal na Afrikaans toe. Dan is dit sommer twee vlieë met een klap.


Sterkte met al die boekverslae. Al klink dit na 'n las, mag 'n mens nie jou eindeksamen in matriek skryf daarsonder nie, so begin sommer vandag!





Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page