Ons TOPPRESTEERDERS en hulle geheime
- koebergerkoerant
- Jul 28, 2019
- 3 min read
Deur Maja Smith
Met die eindeksamen al sigbaar op die horison is dit ongelukkig diegene wat al twaalf jaar lank hiberneer se tyd om wakker te word. Hier volg ’n paar onderhoudsvragies en wenke van die matriek toppresteerders:
Hoe laat staan jy in die oggend op?
Runé du Plessis: op normale dae tussen 05:00 en 06:00
Nina Fourie: 06:45🙃
JW Wessels: 07:00
Ineke Wegman: So laat as moontlik sodat ek steeds betyds vir skool is. My rekord is 8min vandat ek opgestaan het tot ek in die war was.
Louwrens Wessels: Vir belangrikke toetse, 05:30.
Talia Zdanowicz: 06:20.
Kayla Lourens: Op normale skooldae, 06:30 en as ek moet leer stel ek 200 alarms vir 05:00 ( maar dan slaap ek deur dit en kom in elk geval onvoorbereid vir my toets aan...)
Stephan Carstens: 07:00
Grete Burger: 06:00
Wat eet jy vir ontbyt?
Runé du Plessis: Wat ookal pap in die kas is - Pronutro/Cornflakes/ Weetbix.
Nina Fourie: Pap - Outees is my gunsteling.
JW Wessels: Ek drink altyd tee en eet beskuit.
Ineke Wegman: Oats of granola.
Louwrens Wessels: Ek eet net 'n ham-en-kaas-broodjie en drink pienk Nesquick.
Talia Zdanowicz: Een eier of een sny brood.
Kayla Lourens: Yogurt en neute of 'n vrug (en ek is verslaaf aan granola... dis ’n probleem).
Stephan Carstens: Pap, ek is nie picky nie.
Grete Burger: 'n Koppie jogurt met muesli en enige beskikbare vrugte!
Wanneer doen jy hoofsaaklik jou skoolwerk ?
Runé du Plessis: In die aande of anders in die oggend.
Louwrens Wessels: Alhoewel ek probeer om dit elke middag te doen vang ek baie maal 'n bietjie op voor 'n toets.
Kayla Lourens: Wanneer ek by die huis kom, so gewoonlik 22:00 - 02:30...
Op 'n skaal van 1 tot 10, hoe is jou konsentrasie in die klas?
Nina Fourie: Ek probeer 10/10 konsentreer, want ek het nog altyd geglo dat as jy oplet in die klas, is 70% van jou " leer" werk klaar gedoen, maar ek konsentreer seker so 8.9/10😂😂.
Louwrens Wessels: Ek sou sê 5. Ek dink heeltyd aan iets anders… of ek praat.
Talia Zdanowicz : Dis nou seker tussen 5 en 6, want ek slaap way te min.
Kayla Lourens: Normaalweg seker 7/10. Ek het wel verlede week myself gedwing om op te let tydens ’n skeinat periode en vir die eerste keer ooit verstaan ek die werk!
Stephan Carstens: 6/10. Ek moet sê ek slaap nogal baie in die klas. En is ook gereeld besig met ander werk.😬
Grete Burger: 9/10. Ek maak konstant notas om my fokus te behou!
Watter onderwyser se manier van klas gee, werk vir jou die beste? En hoekom?
Runé du Plessis: Juf. Laubscher - ek is mal oor hoe sy klas gee en hoe "breedvoerig " sy dit doen.
Nina Fourie: Juf. Fourie, Mnr. Faber, Juf. Adams en Juf. Lambrechts is almal vir my fantasties. Dis moeilik om te kies.
Ineke Wegman: Juf. Adams, sy doen altyd ekstra moeite om die werk lekkerder en makliker te maak. Sy is werklik 'n uitstekende onderwyser.
Grete Burger: Meneer en Juffrou Fourie😂. Elkeen se vakgebied stem duidelik ooreen met hulle passie.
Wat doen jy om 'n breuk te vat van jou skoolwerk?
Runé du Plessis: Netbal gee my 'n blaaskans, maar series is een van my swakpunte ( op die oomblik Gilmore girls ).
Nina Fourie: Kyk Youtube videos ( way te veel) of gaan doen iets saam met vriende.
JW Wessels: Ek speel Fifa of gaan speel tennis.
Talia Zdanowicz: Series, movies, of boek lees ( ja, ek's 'n loser ).
Stephan Carstens: By skool: slaap. By die huis: lees ek boek of speel ek Dota. En natuurlik speel ek saksofoon ook tussen deur.
Kayla Lourens: 6-10km draf laatmiddag of gym na skool verhoog my produktiwiteit en gee my weer die wilskrag om aan te hou leer
Watter raad sal jy vir enige leerder gee wat beter wil doen in die eindeksamen?
Runé du Plessis: Vat dit dag vir dag en fokus op wat jy nou kan doen!
Nina Fourie: Let op, vra vrae en druk net deur, want ons is amper klaar.
JW Wessels: Sit skuins agter 'n slim persoon😂😂.
Ineke Wegman: Maak nie saak hoe hard jy dink jy werk nie, jy kan altyd harder werk.
Louwrens Wessels: Werk ou vraestelle uit!
Talia Zdanowicz: Maak seker jy leer op 'n plek waar jou rekenaar en selfoon ver weg is en sit al die kos daar sodat 'n mens nie die heeltyd kombuis toe stap nie😂!
Kayla Lourens: Breek jou werk op in klein stukkies sodat jy vroeër vertroud daarmee kan word en moenie na 01:00 gaan slaap nie (glo my… dis nié ’n goeie idee nie!)
Stephan Carstens: Moenie uitstel nie en begin so gou as moontlik met dit wat jy moet doen. Die belangrikste: slaap die aand voor jy skryf.
Grete Burger: Ag, vasbyt man! Dis die laaste een!
Sterkte met die eindeksamen Durbies! Dit mag dalk nie 'n slegte idee wees om hierdie leerders se raad te volg nie.
Comments