die aand waarvoor almal gewag het
- koebergerkoerant
- Oct 10, 2018
- 2 min read
Updated: Jan 16, 2019
matriekafskeid 2018
-Runé du Plessis
27 September 2018. ‘n Datum wat al van Januarie op almal se kalenders met ‘n reuse sirkel omkring is. Of dit nou was om jou aand oop te hou vir inspirasie vir beeldskone rokke, vir die matriekseuns was dit eerder om die beste kar moontlik te kry, en vir die meisies, om daardie verwagtinge te oortref. Vir die kelners was dit om te beplan wanneer die fisio-afsprake bespreek moet word om verligting vir die voete te bied.
En was dit nou ‘n matriekafskeid vir die boeke !
Vir die graad 10’s wat beplan om wel volgende jaar kelners te word, hier is ‘n klein stukkie van wat agter die skerms gebeur het …
06:15 mag dalk vroeg wees, maar baie van die kelners het besef dat ‘n mens wel kreatief kan wees- veral as jy gedwing word om daardie tyd in die oggend jou Engelse kreatiwiteit te skryf. Dít word gevolg deur ure se rondstap, sitbanke wat geskuif moet word en bome van lank na kort gerangskik moet wees.
Op die aand self was almal se asems weggeslaan met die uiterse stylvolle uitrustings en karre - van perdekarre tot ‘n “is dit nie die kar van Cars nie?”-kar.
Die kelners moes baie versigtig stap met die borde tussen almal wat die dansvloer warm gedans het nadat ons hoofleiers, Hentie en Louis, arm-in-arm die dansvloer goed vir ons ge-open het. Daar het wel ‘n paar glase gebreek, veral in die agterkamer waar die D’Aria-kelners die gr.11’s presies gewys het hoe om die glase te “polish”.
Die Matrieks het werklik uitgehaal en gewys tydens matriekafskeid van 2018 en het die standaarde vir die jare wat volg, verskriklik hoog gestel.
Die Koeberger hoop, Matrieks, dat julle dié aand waarna ‘n mens omtrent jou hele hoërskoolloopbaan uitsien, werklik al julle drome laat realiser het…
Kyk gerus na ‘
Vir die matriekafskeid video op Youtube, besoek:
Hoërskool Durbanville Matriekafskeid 2018



Comments