Die eerste treë
- koebergerkoerant
- Jan 15, 2019
- 1 min read
Runé du Plessis
Dit is weer daardie tyd van die jaar waartydens die “snooze”-knoppie bietjie oortyd werk. Skoolskoene word weer afgevee na ‘n halfuur se gesoek. En dan weer die gesukkel om in die normale roetine te kom – maar jy weet om weer 6 uur te moet opstaan beteken net een ding, dis skool ,
Opgewondenheid. Nuuuskierigheid. Effense onsekerheid.
Dit is die drie emosies wat duidelik op die gesigte van die graad 8’s Dinsdag, 08 Januarie, onvermydelik gewys het.
Daardie eerste treë op die Hoërskoolgronde met die SR wat jou by die hek ontvang, is ‘n herinnering wat almal tans in die skool dra. In kontras is daar slegs een gedagte by die ander grade : “Dankie tog dis nie ons nie.” soos wat hulle Woensdag die Gr.8’s se harte in hulle skoene kon hoor val.
Van dasse vou, tot toutrek het die senuwees stadig, maar seker, begin verdwyn soos wat hulle mekaar beter leer ken het deur ‘n paar ysbrekers.
Geen skoene op die dramamat nie, dus is die Gr.8’s besig om ‘n alternatief te jry om oordie mat te beweeg.
Vir ‘n leerskool oor hoe om dasse te vou – Terblanche sal wys hoe.
Die nuwe graad 8’s hou Durbanville se naamhoog en streef na hoër hoogtes.
Geesbou leer ‘n paar krete vir die graad8’s tydens die gr.8- atletiekdag.
Graad 8’s, ons sien uit om saam met julle voetspore by die skool te trap!
Dino’s, welkom by Hoërskool Durbanville.
Comentarios