top of page

Die Gap

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Oct 8, 2018
  • 3 min read

Maja Smith


Nie GAP soos die klere nie en ook nie die “passion gap” tussen jou tande nie, maar die jaar van vryheid na Matriek.





Hierdie idee het veral in die afgelope paar jare meer gewild geword en het defnitief ʼn opsie geword waaroor graad 11’s en 12’s wonder waneer hulle nog half-drie met geskreefde oë biologie probeer leer…


Ek het drie van ons Matrieks ondervra wat volgende jaar ʼn gap jaar gaan vat. Hulle al drie gaan met The Au Pair Nederland toe om dan, altans… te gaan au pair:


Koeberger: Hoekom wil jy ʼn Gap jaar vat ?

Dieter: Eerstens, ek weet nog nie wat ek wil gaan studeer nie. Ek wil ook baie graag nog altyd gaan toer het in Europa, net om ʼn bietjie te lewe voor die grootmenslewe nou eintlik begin.


Jaco ( Jansen van Rensburg ): Ek wil nie dadelik aanbeweeg na die volgende fase van my lewe nie. Ek is aanvaar by Stellenbosch, maar ek het gevoel als is veels te gejaag en ek gaan nie weer die kans kry om vir so lank net ander kulture en myself te leer ken soos ʼn jaar weg van die huis af nie.


Manja: Ek wou oorspronklik gaan swot het, maar nadat die vrou van The Au Pair met ons kom gesels het in LO, het ek besef dat hierdie gap jaar ʼn fantastiese geleentheid is. Enaangesien dit in Nederland is, wat ʼn baie veilige land is, kan mens verder gaan toer. Jy word ook gedwing om heeltemal op jouself te reken en vind dan so jouself deurdat jy heeltemal uit jou koekon uit verwyder is. ʼn Mens leer ook verantwoordelikheid, want jy moet na iemand ander se kinders kyk. Ek dink mens kry ook beter perspektief van die wêreld en hoe dit werk en met dit en met al die tyd wat ʼn gap jaar bied kan mens ʼn beter besluit maak oor wat jy eendag wil gaan doen.


The Au Pair program klink wonderlik! Op hulle webtuiste kan mens sommer agterkom dat hulle oor jou omgee en regtig wil seker maak dat jy ʼn ongelooflike jaar ervaar. Waneer jy by die program registreer voer hulle ʼn onderhoud met jou en jou gesin om jou te kan pas by die beste familie vir jou. Die program is ook regdeur jou gap jaar beskikbaar en jy kan hulle altyd kontak. Die program help jou ongelooflik baie om jou reisbesonderhede van Suid-Afrika af en ook verder in Nederland in orde te kry. Hierdie proses is vergemaklik, aangesien hulle Afrikaans, Engels en Hollands praat.


Op die ou end gaan wat jy doen na Matriek oor jou. Sommige mense is hastig om hulle borrelende passies en ambisie net nog nader aan realiteit te kry en wil dadelik gaan swot en ander het nog nooit ʼn spesifieke droom gehad nie of voel asof hulle ʼn breuk nodig het na 12 jaar van skool.


Laasgenoemde mensies, dis REGTIG okei! Doen wat vir JOU pas, wat JY nodig het en wat vir JOU die beste is! Hou egter in jou agterkop dat as jy uit hastigheid besluite maak oor jou toekoms,  jy of duur gaan betaal om dit te herstel of net met die nagevolge gaan moet deurdruk. So… besluit wat reg is vir JOU en moenie bang wees om daardie besluit te maak as dit in jou greep is nie, dit is jou lewe, of hoe? (oooh… ons raak diep)


Gaan swot, gaan werk, gaan au- pair, gaan werk op die bote in Frankryk, gaan plant aartappels in Engeland of doen wat ook al jou hart begeer.


“Don’t let the noise of others’ opinions drown out your own inner voice” – Steve jobs ( …en ʼn “cheesy” aanhaling om die hele ding bymekaar te vat).



 
 
 

Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page