Harde werk word beloon
- koebergerkoerant
- Jan 15, 2019
- 1 min read
Nellie Slabbert
Die matrieks van 2018 het ons weereens trots gemaak deur 32A -kandidate, 18,6% van die klas , op te lewer. 144 van hulle, 83,7% van die klas, het met universiteitsvrystelling geslaag. 6 leerlinge het ʼn gemiddeld van 90% en hoër behaal. Die top tien presteerders van die matriekklas van 2018 is:
1.) Danelle van Hoogstraten 93.43% 2.) Kobus Jordaan 92,43% 3.) Alexa le Roux 92.43% 4.) Anri Klopper 91,43% 5.) Silke Hellman 90,57% 6.) Loki Loubser 90,00% 7.) Juan Barnard 89,86% 8.) Benjamin Smuts 88,86% 9.) Manja Strever 87,71% 10.) Neil van Eeden 87,71%
Hierdie top-uitslae sou nie moontlik gewees het sonder ons toegewyde en bekwame personeel nie. Baie dankie vir die ekstra tyd en harde werk wat jul agter die skerms insit. En aan ons matriekklas van 2018, die Koeberger wens jul hartlik geluk met jul uitstekende prestasies. Sterkte met jul studies !
Commentaires