top of page

Hou jou skooldrag jou warm?

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

Deur Franci Malherbe


Dit is 7:30vm en oral staan groepies saamgebondel met rooi neuse wat “hardloop” in die koue wind. Almal probeer hul hande warm blaas wat groot wit miswolke die lig instuur. Pouses gaan nie veel beter nie. Almal probeer die voorkant van die koffie-ry bereik in ’n desperate poging om van binne af warm te raak, aangesien die buitenste lae maar dun is. Jy sien die verlange na donskomberse en vereduvets. Maar helaas, jy mag nie ingewikkel in jou warm kombers verskyn nie! Sou ‘n snoesige skoolblou kniekombersie met ‘n geel D nie ‘n moontlike fondsinsamelinsgprojek regverdig nie? Dink net: geen meer Junie-eksamen knikkerknieë nie. Behalwe vir die warmte het jy ‘n “troosbersie” byderhand om jou by te staan tydens die vretende wintersdae in ’n koue klas op ’n koue bank… en wie weet – dalk veroorsaak die ekstra bietjie hitte ook dat ons liggame meer aandag kan bestee daaraan om op te let in die klas!

Comentários


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page