top of page

Instagram “hacks”

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Oct 21, 2018
  • 2 min read

Nellie Slabbert


63% van tieners gebruik Instagram daagliks. Vir die wat onder  ʼn klip gebly het vir die afgelope 5 jaar: Instagram is ʼn sosiale netwerk toep waarop foto’s en videos gedeel word. Die Koeberger het gaan navorsing doen en 5 “hacks” bymekaar gemaak oor hierdie hedendaagse fenomeen, wat dalk jou volgelinggetal  ʼn hupstoot kan gee.


1.) Voeg spesiale “fonts” by jou Instagram “bio”:

Hier is ʼn “hack” wat dadelik aandag trek en jou profiel werklik laat uistaan tussen die ander. Deur gebruik te maak van sekere webtuistes kan jy interessante “fonts” “copy” en “paste” tot in jou “bio”.

Maak die webtuiste, ww.Lingojam.com, oop op jou selfoon, tik jou begeerde “bio” teks in die blokkie en jy sal sien dat dieselfde teks in verskeie “fonts” aan die regterkant verskyn. Dra dan jou gunsteling een oor na jou Instagram “bio” deur dit te “copy”. Maak die Instagram toep oop en kies “Edit Profile”, kies die “bio” onderafdeling en “paste” dan jou gekose “font” in die skoon blokkie.



2.) Voeg  ʼn lyn breuk in jou “bio” en “caption”:

Wanneer jy  ʼn caption op Instagram tik, sal jy sien dat die sleutelbord nie vir jou die opsie gee om “Enter” of “ Return” te druk nie. Hoe kry al daardie mense dit dan reg om “line breaks” in hul “captions” en “bios” te hê ?

Dis eintlik baie eenvoudig, al wat jy hoef te doen is om die 123-sleutel in die linkerkantste onderste hoek van die sleutelbord te druk, dan sal die “Return” sleutel verskyn onder aan die regterkant.

3.) Verberg foto’s waarin jy getag is:

Ons almal het daai een vriend wat, maak nie saak hoe hard jy pleit nie, steeds die foto sal “post” waar jy nie op jou beste lyk nie. Jy kan nie die foto verwyder nie, maar jy kan wel die foto “hide” van jou profiel sodat ander dit nie kan sien nie.

Gaan na jou ge”tag”de posts, druk dan op die drie kolletjies in die bokantste regterhoek van die skerm en kies “Hide Photos”. Selekteer die “posts” wat jy graag sal wil verwyder en druk dan “Hide Photos” op die onderkant van jou skerm.




4.) Vermeerder jou hoeveelheid “likes”:

Volgens Sprout Social, sal jy jou “audience engagement”, m.a.w. “likes”, volgelinge en “comments” met 56% vermeerder  as jy ʼn persoon “tag” nie net op die foto nie, maar ook deur hul handelsnaam in die “caption” te tik.

5.) Kyk deur foto’s sonder om dit perongeluk te “like”:

Ons almal het al daardie oomblik ervaar waar jy Piet se “account” “stalk” en perongeluk sy foto van 145 weke terug “like”. Ons het die oplossing om jou van díe verleentheid te bespaar.

Gaan deur die persoon se foto’s met “airplane mode” aan. Sonder toegang tot die Internet sal dit nie moontlik wees vir jou om iemand anders se foto te “like” nie, selfs al is dit perongeluk. Jy sal eers deur die foto’s moet “scroll” sodat dit kan laai, maar wanneer die “airplane mode” aan is, kan jy na hartelus “stalk” sonder enige bekommernis van perongeluk “like”.




 
 
 

Comentários


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page