top of page

Klank en beligting gee jou toekoms ‘n verligting!

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jan 28, 2019
  • 2 min read

Stefani Terblanche


Wil jy bekende mense ontmoet? Wil jy vroeër uit jou klas uit kom? Wil jy weet waarvoor al die knoppies op die klankpaneel staan? Hier is jou helder (lig) geleentheid! Die klank- en beligtingkursus behels die studie van die klankbord, en ander belangrikhede soos hoe om 'n draad behoorlik op te rol. Hierdie kursus neem omtrent 'n jaar om te voltooi. Die Koeberger het vir William en Waldo Pretorius 'n paar belangrike vrae gaan vra.


1. DK: Hoe lank na jou kursus het jy jou eerste show gedoen?

Wi: Om eerlik te wees kan ek nie onthou nie. Ek dink dit was so twee maande nadat ek die kursus gedoen het. Maar ek was redelik skrikkerig toe ek my eerste show gedoen het.

Wa: Ek het gereeld agter die verhoog gehelp en was amper onmiddellik agter die skerms ingespan.


2. DK: Vir watter bekendes het jy al vertonings gedoen?

Wi: Baie! Steve Hofmeyr en Heinz Winckler om twee te noem.

Wa: Heinz Winckler, Chris Chameleon, Almero Welgemoed en Wynand Breytenbach.


3. DK: Kan 'n mens met hierdie bekendes gesels?

Wi: Wel, as jy die vertoning doen moet jy met hulle praat om hul klank op te stel of om die beligting reg te kry. Maar meeste van die tyd na die vertoning praat ons klank mense baie met hulle net om te hoor hoe die vertoning gegaan het en of alles vir hulle reg was.

Wa: Een van die belangrikste dele van 'n klanktegnikus is om kommunikasie met die kunstenaar te handhaaf gedurende die optrede. Dit is dus belangrik dat jy die kunstenaar ken en verstaan.


4. DK: Wat was die snaaksste ding wat al ooit gebeur het?

Wi: Die snaaksste ding wat al met my gebeur het was my eie skuld. Ek het 'n vertoning gedoen waar ek die liedjies se volgorde verkeerd uitgelê het en toe die liedjie moes speel toe het verkeerde song begin speel. Ek het dit toe reggemaak vir die volgende dag. Maar toe dit weer op daardie deel kom het ek vergeet ek het dit reggemaak en het toe weer die verkeerde liedjie begin. Maar sonder foute sal ons klank- en ligtespan nie wees waar hulle nou is nie.

Wa: Ek het al oor die monitor (die oorfoon in die kunstenaar se oor) vir hom gesê dat sy gulp oop was. Sy uitdrukking was prysloos! En die beste ding was... sy gulp was toe.


5. Wat is die beste en slegste dinge van die "werk"?

Wi: Daar kan niks slegs van die span wees nie. Die enigste moontlik slegte deel is die laat aande, maar dis als deel van die pret.

Wa: Ek werk tans by die Moeder Gemeente en geniet die geselskap baie.


Die Koeberger raai die leerders van Hoërskool Durbanville aan om die kursus te probeer! Dalk word jy eendag die bekende...

 
 
 

Commenti


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page