Liam is going places
- koebergerkoerant
- Oct 21, 2018
- 2 min read
Liam, op pad na een van die grootste kompetisies in Suid-Afrika...
Deur Stefani Terblanche
Al gehoor van Liam Slabbert? Indien nie, sal jy binnekort alles weet van hierdie talentvolle fagot-speler reg in ons midde!
1. DK: Wanneer en waar het jy begin fagot speel?
L: Ek het op die ouderdom van agt begin by Hugo Lambrechts Musieksentrum. Dit was ‘n redelike aanpassing omdat ek eers op ‘n klein blokfluit begin het en nou moes aanpas om ‘n instrument te speel wat langer as ek was!
2. DK: Hoeveel keer per week oefen jy?
L: Op die oomblik elke dag drie tot vier ure, maar normaalweg so 1 uur per dag. Ek probeer om elke dag te oefen.
3. DK: In waste graad (musiek) is jy?
L: My graad musiek is regtig nie so hoog nie. Ek het Graad 6 Royal Schools prakties hierdie jaar gespeel en paas jaar my Graad 5 Unisa teorie eksamen geskryf. My hooffokus is nie op grade nie, maar eerder op ondervinding van orkeste en kompetisies.
4. DK: Vertel ons meer van jou prestasies tot SA speler!
L: Ek het met fagot begin as ‘n manier om myself besig te hou omdat ek altyd iets wil doen. Ek het dit geniet en nooit dit gesien as ‘n aktiwiteit waarin ek kon presteer nie. Toe ek begin Eisteddfods speel het, het ek agtergekom dat ek musiek as ‘n manier kan gebruik om myself uit te druk en ook ‘n paar prestasies agter my naam te kry. Ek het toe in Graad 4 begin deelneem aan my eerste kompetisies soos SAMRO en Johan Vos. Dit het net van daar af tot in n groot deel van
my lewe ontwikkel en nou is ek besig om vir die grootste musiekkompetisie in SA voor te berei!
Comments