top of page

Matriekafskeid-proses

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Oct 21, 2018
  • 3 min read

Stefani Terblanche


Van Pinterest tot New York - vir die perfekte uitrusting. Die Koeberger het vir Karla Killian, Jessie Brink, Tania Coetzee, Sam Steyn, Niel Theron, Hentie van der Merwe, Matthys Louw, Louis Fourie en Jacus Horne ondervra oor hul matriekafskeid-proses.


1. DK: Hoe het jy jou metgesel gevra / hoe het jou metgesel jou gevra?

J: Ek moes my metgesel vra... maar ek het nooit.

T: Ek en Nell het besluit om saam te gaan. Met baie puns, lekkers en plante het ons mekaar op dieselfde dag gevra.

N: Gewoonlik sal jy iets groots doen om iemand op Matriekafskied te vra, maar ek is meer ‘n “close” persoon. Ek druk vir haar ‘n pragtige roos uit ‘n 3D-drukker met ‘n persoonlike stelasie wat ek self ontwerp het. Ons was op die laaste dag van ons Matriekkamp en my senuwees het my maak fiesies maak bewe. Ek het haar alleen na die ou houtbankie, wat oor ‘n dam uitkyk, geneem en ek haal die roos uit my mou uit (letterlik) en begin dit aan mekaar sit. Ek het dit vir haar gegee en gevra of sy saam met my Matriekafskied toe wou gaan. Sy was so bly, het dadelik ja gesê en vir my ‘n groot druk gegee.

H: Ek het in 'n pak met blomme by haar huis opgedaag met 'n stok wat 'n minimum hoogte gehad het... indien sy langer as die hoogte was, kon sy nee sê. Maar natuurlik was sy korter.

L: My vriende het my baie gehelp. Ons het na haar skool toe gery en 'n klein restaurant-dinnertjie opgestel. My een vriend was die kelner en iemand anders het viool gespeel. Die kelner het 'n bord gebring met 'n brief op. Dit was stresvol, maar baie lekker.

Karla        


2. DK: Waar het jy idees vir jou rok / pak gekry? Het jy dit laat maak, koop of ingevo

K: Ek het geen idee gehad wat ek wou gehad het nie, maar toe ons in New York was, het ek en my ma na rokke gaan kyk. Toe ek die rok sien, het ek geweet dis die een.

J: Pinterest! En toe gemaak deur Valencia Harrison.

T: My grootste inspirasie was my ma se matriekafskeid rok. Ons het dit laat maak by ‘n vreemde tannie, maar dit het baie mooi uitgekom. My ma het my belt gemaak #dankiema

S: My ma het my rok gemaak met inspirasie van Pinterest, Instagram, Youtube en van die ontwerper Sherri Hill.

N: My vriendinne het vir my idees op Pinterest gewys. Ek sou dit laat maak het, maar toe sien ek die een wat ek wou gehad in Csquared in Canal Walk.

L: Ek het my pak gehuur.

3. DK: Na hoeveel Rand moet mens vir rok,pak, juwele, skoene, hare, grimering kyk?

In opsomming, sonder om persoonlike antwoorde weg te gee:

Enigiets van R150 - R1 500 vir skoene, dit hang van jou af. Vir grimering is R600 'n goeie bedrag. Die pakke wissel van R2 000 - R4 000 as jy dit koop. Die rok… ons bly maar liewers stil!

4. DK: Waar het julle die kar / vervoermiddel gekry?

J: My metges het dit gereël... anders sou ons ook seker moes instap.

T: Nell se ma het vir ons so 'n oulike rooi karretjie georganiseer.

S: Hy het die trekker gereël.

N: Ek weet nie, my ma wou my verras, die kar was toe ‘n 1948 Cadillac.

L: Baie maklik. Ek het dit twee minute voordat ons in die ry gekom het, bestel op die hoek van die hokkieveld se straat.

J: Familie.

5. DK: Waar het julle die foto's gaan neem? Moes julle vooraf bespreek?

K: Diemersdal, en ja.

J: Diemersdal, ons moes vooraf bespreek.

T: Rust en Vrede en Nell se huis.

S: Op sy plaas.

N: Ons het by Altydgedacht foto’s geneem, ons het van vooraf bespreek.

H: Rust en Vrede en Diemersdal. Bespreek maar.

M: Diemersdal, en ja.

L: Durbanville Hills en ons moes vooraf bespreek het...

J: Ja, by Durbanville Hills.


Sam


6. DK: Wie was die fotograaf?

K: Linda van Dyk

J: Matty Snaps

T: Nell se pa en vriendin, asook Lara van Tonder.

S: Michelle Rae Rademan

N: Mev. Jansen was ons fotograaf (Ons skool se koperblaas juffrou).

M: Mia de Villiers

Dankie dat julle ons oë geseën het met julle mooi rokke, pakke en karre. Dankie vir die wenke en sterkte met die eksamens!

 
 
 

Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page