Nuwejaarsvoorneme
- koebergerkoerant
- Jan 15, 2019
- 2 min read
”In 2019 gaan ek anders wees, ek gaan beter wees, ek gaan reik na die sterre, niks is ooit vir my te ver nieeeee!”
Dit is nou al amper vir twee weke 2019, al sukkel ek nog om die getalle natuurlik op mekaar te laat volg. En net soos elke begin van ʼn jaar, ervaar meeste mense ʼn eienaardige, bonatuurlike gevoel wat vir elkeen die motivering gee om in dié nuwe jaar uiteindelik: daai lyf te kry, vriendeliker te wees met jou baba sussie en al jou huiswerk te doen voor register.
Alhoewel nuwejaarsvoornemes selde tot Februarie hou, het ons ʼn paar matrieks (waarvoor dit ʼn ongelooflike tawwe sowel as opwindende jaar is) uitgevra oor hulle wense en voornemes vir 2019.
• Om minder tyd te mors, maar ook om minder te sê dat ek nie tyd het nie.
• Om Rek te oorleef...
• Om naelpolitoer vir meer as drie dae op te hou voordat dit aftjip!
• Om aan beter new years resolutions te dink vir volgende jaar.
• Om net te GENIET en nie te veel te stres oor die jaar nie!
• Om minder te worry…dit maak ʼn mens moeg!
• Om meer te gym sodat ek meer cinnabuns kan eet.
• Om nie om te gee wat ander mense dink nie!
• Om my baard meer te skeer…
• Om nie my algemene doele soos om gesond te wees nie deur die jaar te af te skeep nie, maar om dit deel van ʼn nuwe leefstyl te maak!
• Om meer goed te doen wat my laat vergeet van tyd, soos om te gaan surf… of om te slaap!
• Om die jaar voluit en met ambisie aan te pak!
• Om skuldig te voel oor slegte besluite, maar om dan daarna daaruit te leer en aan te beweeg.
• Om die ‘moonwalk’ te bemeester!
• Om positief te wees.
• Om meer te gaan draf sodat ek beter van my probleme kan weghardloop!
Mag elkeen van julle aan die einde van die jaar, kan terugdink aan 2019 en kan glimlag daaroor ( al kan jy toe na die jaar nogsteeds nie Frans praat, “floss”of jou ma se kar oplig nie…)
Sarie Marais 🌹
Comentários