Advertensie vir landloop
- koebergerkoerant
- Oct 21, 2018
- 1 min read
Ineke Wegman
(Plaas jou noemnaam hier)
Jy is gebore met n doel – en daardie doel is om jou talente te benut. Een van hierdie vele talente is landloop.
Bulte, sand klippe en gras, is iets wat by jou spiere pas.
Skoene van spoed is in jou kas.
Waagmoed en durf is jou 2de naam.
Na die einde van woensdag gaan ons jou sertifikate raam.
Wanneer jy die byeenkoms wen, gaan almal jou beroemde (of dalk berugde) naam ken.
Die punte is landloop is pret, doen dit anders raak jy vet.
Liewe lesers, die landloop seisoen is op ‘n einde, en ek moet ongelukkig ‘n negatiewe ding rapporteer. Vroeër jare was daar massas Durbies wat soos n swerm bye oor die baan gevlieg het, maar die jaar het n helepaar bytjies die nes verlaat. Ek wil julle aanmoedig om volgende jaar een uur n week af te staan om te verseker dat jy nie jou somerlyfie heeltemal verloor nie. Hulle sê vriende leer mekaar beter ken in moeilike tye en hier het jy die perfekte geleentheid om jou vriende BAIE goed te leer ken.
Ons is n skool van hart. Ons staan saam maak nie saak of onsverloor of wen nie. Laat ons volgende jaar saamstaan en n record getal Durbies op die landloopbaan sien. As jy belangstelom jou fiksheid nog verder op te skerp, meneer De Beer bieduitstekende oefeninge aan na skool in landloop en atletiekseisoen. Woon dit gerus by.
Comentários