top of page

Vyf wenke vir 'n gloeiende vel

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Jul 28, 2019
  • 1 min read

Deur Corlia Fick



'n Pragtige, gloeiende vel is 'n doel wat ons almal graag wil bereik, maar dit is makliker gesê as gedaan. Daar is baie faktore wat 'n rol speel in die gesondheid van jou vel en jy sal aan elke faktor moet aandag gee om jou vel in sy beste toestand te hou.


Hierdie vyf wenke sal jou op die regte pad kry na behoorlike velversorging:


1. Beheer jou stresvlakke: As jou stresvlakke baie hoog is, produseer jou liggaam baie meer hormone wat jou vel olieriger maak. Dit verswak ook jou liggaam se vermoë om teen bakterieë te veg wat puisies kan veroorsaak.


2. Dra sonblok: In klein dosisse is die son se strale waardevol vir jou vel, maar te veel blootstelling kan lei tot sonplooie, ouderdomsvlekke en velverkleuring.


3. Eet gesond: Drink genoeg water en bly weg van soda en lekkers. Neute en vis is veral goed vir jou vel en eet baie groente en vrugte.


4. Kry genoeg slaap in: Dit is noodsaaklik dat jy elke aand tussen ses en agt ure se slaap in kry. Terwyl jy slaap herstel jou liggaam sy batterye, dus help slaap om jou vel gesond te hou.


5. Verminder die hoeveelheid grimering wat jy dra: Te veel grimering lei tot vel-irritasie en puisies. Onthou ook om jou grimering heeltemal te verwyder voordat jy gaan slaap.

Die vyf wenke is nie maklik om te volg nie, maar dit sal die moeite werd wees. Om behoorlik te sorg vir jou vel is 'n stap in die regte rigting om gesond te lyk en goed te voel.



Comments


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page