top of page

Wat sê die koffieplek van die man

  • Writer: koebergerkoerant
    koebergerkoerant
  • Oct 8, 2018
  • 3 min read

Maja Smith


Om te gaan vir ‘n koffie beteken iets. Dit beteken daars iets aan die stoom tussen die twee mense … En dis nie net die koffie nie.


Die eerste koffiedate kan die vonk in die “verhoudings-vuur” verander of kan dit soos in die letterlike geval…net blus. Daarom moet die ou ( EK IS JAMMER OOR DIE STERIOTIPE) ʼn goeie indruk maak en dit is waar die koffieplek inkom. Wie is jy as jy daai meisie Vida toe vat? As jy haar stick vir Soet? As jy daai “second cup” vir die meisie bied? As jy jouself die beste met Exspresso-koffie “express”? En wie is jy as jy eerder by die huis of in die parkie wil gaan parkieer en tuisgemaakte koffie wil geniet?


Ek het die Gr.11 seuns bietjie uitgevra oor hulle gunsteling koffiedate plek:

Oor die algemeen is Vida die “mainkonyn” onder die seuns, dis op so ʼn afstand van die skool, wat anders as Second Cup wys dat jy letterlik bereid is om daardie ekstra myl te stap vir die persoon. Vida het ook anders as die ander opsies gesonde kos, wat die meisie volgens bronne gaan laat dink, “ Jis, hierdie ou is so getrou aan gesond wees, hy sal ook getrou kan wees aan my…”. Dan lê Vida se koffie-prysse ook net so mooi in die middel van die gratis tuisgemaakte koffietjie, R10 Expresso koffie, belaglike duur Soet Lattê of die stewig-gepryste Hazelnut Cappuccino van Second Cup.


Ek het ook vir die dames gevra watter koffieplekke hulle verkies en daar was nogal ʼn redelike verskil in hulle antwoord… :

Vida is veels te “mainstream” vir die meeste meisies. Vida se atmosfeer is ook effe koud en onromanties, wat moontlik iets te doen kan hê met die fietsryers wat buite die plek ronddwaal… Soet is dan weer ʼn gunsteling aangesien dit baie mooi is aan die binnekant en die regte atmosfeer het, maar ook as gevolg van hulle FANTASTIESE koek. Dan is Expresso heeltemal ‘n “NEE DANKIE”, want dit beteken die ou se sakgeld loop ʼn bietjie droog of hy wil nie meer as maksimum R20 aan jou spandeer nie. Daar is ook ʼn raserige en onromantiese atmosfeer met geen ordentlike sitplek nie, wat beteken dat hy nie so graag met die meisie wil praat nie. Dan is Second Cup slegs ʼn opsie vir lui, onfikse seuns en die plek trek eerder ou mensies aan. Dit kan ook nogal ongemaklik wees as mense van jou skool dalk verby loop of selfs dalk deur hulle ouma ge-“stick” word vir koffie!


Die parkie is dan NATUURLIK al die meisies se droom! Dis ʼn uit-die-boks idee, dis persoonlik, romanties, dit het vir die ou moeite gekos en dit lys onmiddelik die outjie as ( verskoon hoe ver vooruit die dames se breine werk, ouens) TROUMATERIAAL.


Laastens het die huis-idee nie spesifiek vir die meisies uitgestaan nie, dis dalk nog ʼn bietjie scary vir die eerste koffiedate, maar dit is tog persoonlik en gemaklik.


Net soos wat ek kyk na my Skeinat huiswerk en deur ʼn pynlike ervaring moet gaan van hersiening of basies alles-oor-doen-ing, moet die liewe graad 11 seuns hierdie twee grafieke bietjie bekyk en dieselfde tipe verandering verrig aan waarheen hulle ʼn meisie moet vat om die regte indruk te maak. Om die regte indruk te maak moet hulle egter ʼn meisie se kop verstaan en aangesien dit moontlik onmoontlik is kan hulle net die volgende  goue reël behartig:


Seuns, dit maak nie saak hoe “casual”, “chilled” of ons-is-net-“vriende”-agtig julle date is nie, ʼn meisie wil bederf word.









 
 
 

Kommentare


© 2018 by Die Koeberger. Proudly created with Wix.com

bottom of page