Wyk, winter, wyk!
- koebergerkoerant
- Jul 28, 2019
- 1 min read
Deur Klia Verster
Met die aanbreek van die koffie en kombers seisoen kan dit nuttig wees om 'n paar winter-wen-wenke te hê:
· Hou 'n warmwaterbottel by jou voete as jy koud kry in die aande. Deur jou voete warm te hou sal jy makliker hitte behou.
· Koekies bak is vir handjies warm hou. Nadat jy die oond gebruik het, los die deur vir 'n rukkie oop sodat die hitte kan ontsnap en sodoende die vertrek lekker verhit.
· Sit felt in jou skoolskoene om seker te maak jou voete vries nie.
· Sit sokkies oor jou toiletsitplek om die laatnag ekspedisies 'n bietjie warmer te maak.
· As jy LO prakties doen en om die nat, koue veld moet hardloop, is 'n ziplock sakkie om jou sokkie 'n goeie manier om hitte te behou.
En as hierdie wenke nog nie daarin slag om die winter-byt te kalmeer nie, kan jy vir jouself vinnig 'n warm, smulleker koppiekoek in die mikrogolfoond maak.
Al wat jy benodig:
2 minute
1 eier
4 eetlepels suiker
1 eetlepel meel
2 eetlepels kakao
2 eetlepels olie
Al wat jy moet doen:
1. Breek eier in koppie.
2. Voeg suiker, olie, meel en kakao by en roer geleidelik elke bestanddeel in.
3. Kook in mikrogolf vir 60-90 sekondes, tot jou keuse van hoe droog jy dit wil hê.
4. Laat dit afkoel vir 10 sekondes en geniet!

Comments